By Gabriel J Marais

Author: Gabriel (Page 2 of 2)

alles het ‘n einde

my ding, kan ek jou vashou
kan ek ruik die bui waarin jy is
ek dryf al so lank op die see
ek sal nie die huis erken nie
want jy is nie daar nie

ek onthou hoe ek jou naam skryf in my gedagtes
waar ek langs die rivier sit
jy het gesê jy hoop niemand sien ons nie
maar jesus het ons gesien
dis waar dit alles begin het
en dit was die einde

ek soek jou naam vanaand
my gedagtes is leeg
miskien as ek die droom jaag
is dit ‘n werklikheid, of net ‘n droom

onder die sterre hoor ek die radio speel
dit klink soos iets wat jy sou sê
as jy ooit terug kom,
soek die boodskap wat ek gelos het
dis onder die sterre

ek het jou naam gesoek vanaand

ek was net ‘n kind

met jou kam in jou kous
en geraamtes in die kas
was jy al die tyd besig om jou vlammetjie uit te blaas

ek onthou jou glimlag, jou oë
ma het altyd gesê jy kan deur ‘n ring getrek word
dit was die waarheid

kom swem hier in my seer
tyd genees alles
ek word wakker, besef dit was ’n leun
kom swem hier in my seer

ek het jou van gekry
jy was myne, ek was joune
wie sou die waarheid weet

jy het my beskerm teen die donker
geleer van reg en verkeerd.. goed en sleg..
van seer, maar nooit van die seer om jou te verloor

almal het geraamtes in die kas
jou geraamtes het wakker geword
skielik was jy vry
En my hart – donker met verlange

wat het jy gedink? was jy alleen? 
ek is alleen

dis bittersweet

Oë wat sien

my pyn, in jou oë
uitgewas in die reën
bloed uit my are tussen die stukkies glas
weg gewas deur die reën

maar jy sien my, foutloos
geen krake in my hart
en jy by my sy
my hoop, verpletter in jou siel

spoke van ons verlede
weg gewas deur die reën
en ons sal vir ewig lewe

so gee my hoop in die donker
sodat ek die lig sien
en ek sal vir jou wag
en ons sal vir ewig lewe

special thanks vir Gerrit Geldenhuys en Morne Geldenhuys

donker vlekke, liefde wat brand

liefde kan seermaak,
liefde kan soms seermaak,
maar al wat ons weet –
wanneer dinge moeilik raak,
en jy weet dit kan moeilik raak –
is dit die enigste ding
wat ons lewendig laat voel, liefde

jy voel angstig, doen jy nie, engel
met jou stil stem en jou geheimsinnige glimlag..

ek weet hoe dit alles begin, ek het gesien hoe dit eindig –
jou hand in my hand,
die donker vlekke in jou siel, 
gestrooi in die wind, en ons –
jou hart in myne, en my hart in joune

Skerms in my drome

die son verdwyn,
my hart is bewolk in jou siel vanaand

skerms wat ons het teen wind en weer,
skerm my hart teen wind en weer

in my drome sien ek hoe jy loop
so wonder ek of jy my onthou
lê my neer, lê my langs jou neer

kom lê jou lyf hier neer…
dis aan jou wat ek wil vasklou

Die skrif is teen die muur

‘n Paar aande later sit ek weer en luister musiek. Dié keer is dit Spoegwolf.

laat my nou na jou luister
laat lê en laat fluister
jou wimpers op my
splinters van lig
kom uit die donker
vertel al jou vriende
daar’s weer sterretjies in die tuin

Ek voel lus om woorde op papier te skryf. Dis die begin.

Dit het alles hier begin…

Ek het nog altyd ‘n groot liefde vir musiek gehad. Musiek, vir my, was ‘n manier om te sê wat my siel wou vertel, waarvoor ek nie altyd woorde gehad het nie.

So sit ek een aand en luister na Komma, ‘n song deur Fokofpolisiekar en terwyl my oë die woorde op die skerm volg, besef ek dat my siel die storie wil vertel :-

in jou gesig is ‘n sterrestelsel
ek is ‘n kind wat na die sterre kyk
as jy jou hande deur my hare vryf
in die donker
voel ek weerloos
voel ek weer klein

7 Julie 2019 @ Hartbeespoortdam

Newer posts »