Sommige word gebore met liefde
Sommige hoop vir liefde
Ander soek liefde
Die lewe gaan verby

Sommige word gebore met ‘n toekoms
Sommige hoop in ‘n toekoms, hoop vir ons kinders
Ander soek na ‘n toekoms
Die lewe gaan verby

Sommige lewe ‘n leuen
Ander glo in ‘n leuen
‘n Leuen vir ander, vir jouself
Die lewe gaan verby

Sommige glo in dit wat ons nie kan sien nie
Sommige glo in niks
Ander wil graag glo in iets
Die lewe gaan verby

Ek het God gesien in ‘n droom
Hy gee weer hoop
Hy gee weer liefde
Hy gee weer ‘n toekoms
Vir die wat soek, is daar liefde
Vir die wat hoop, ‘n toekoms
Vir die wat glo, ‘n belofte

Vir my en jou, vir ons