baie weergawes van myself
miskien is ek stukkend, miskien is ek verkeerd
miskien is ek ‘n dwaas, miskien is ek geskeur

moeg gevra vir die waarheid,
moeg rond geskuif in die lewe
moeg gewonder oor die dag na vandag

ek sien nie verby vandag nie,
ek het nodig om te glo in die dag na vandag

ek probeer terug gee, op gee
probeer vergifnis kry
bou my mure, hoop dis genoeg
ek kan nie stil staan nie

die lewe gaan aan en die dag van more is hier
om te glo, is om te weet daar is ‘n dag na vandag