Vandag, 6 maande terug het ek jou by jou huis kom optel
Ons het gaan braai by my “mense” 
Ek onthou dit nog soos gister

Die sweet op my hande
Kort van asem
Die gevoel van angs – die lekker tipe
Airwaves in die mond
Status op my lyf
Ek stop voor jou hek en skielik kom jy aangestap
My hart sit in my keel en die wereld se tyd staan stil vir ’n oomblik
Ek neem ’n foto om vir altyd in my gedagtes te stoor
’N snapshot van emosie om vir altyd in my hart toe te sluit

Jy was opgewonde om my “mense” te ontmoet en ek, ek was trots om jou saam te vat

Jy het van daardie dag af in my hart geklim
Ek het my vrese met jou gedeel
Jy het my hart se geheime geken
Ek het myself vir jou uitgetrek – Jy het alles van my gesien:
My diepste gedagtes, my foute, my verlede, my seer, my siel…
Ek het jou vertrou

Ons het saam gelag, saam gehuil en ons was gelukkig
Of so het dit gevoel, so het ek gedink
Dit was alles ’n leun. Was dit ’n leun?

Jy het my voltooi en
Julle het my nuwe purpose gegee
Jy was myne
Jou kinders was soos my eie
Jy het my geleer dat ek vir vier jaar verkeerd was oor só baie
Jy het my mure afgebreek en ingestap
Met jou jackhammer het jy alles stukkend geslaan
Toe daar niks oor was nie het jy net uitgestap
6 maande is verby in 6 ure
Jy het my kaal gelos tussen die ruins van my afgebreekte mure

Pink sê “What about us” – Well, what about us?
Ons het nooit die kans gehad nie
Te veel mense
Te veel opinies
Te veel judgement
Te veel what if’s en maybe’s
Te veel variables

Ander sê ek sou jou kon lief hê as ek jou eerste ontmoet het
Hulle is verkeerd – Ek was lief vir jou
Jou hart behoort aan iemand anders maar die Here weet:
Ek sou my lewe gee vir jou

Jy het die deur oopgelos en nou is dit ’n helse gemors
My pen is droog
Die prentjies in my gedagtes blur en
My siel leeg
Ek probeer my hart optel tussen die stukkies glas

James Blunt sê “Good bye my lover”…

Wel, Good bye my love