Jý is gebore deur God
Hy het jóú aanmekaar gesit
So jý is nie ‘n fout nie
Sy Seun het vir jóú gesterf
Sodat jý vergewe is
Hy het jóú gekies om Sy eie te wees
Hy het jóú verlos
Hy wys jóú genade
Net sodat jý gespaar is
Hy het ‘n toekoms vir jóú 
Want Hy is lief vir jóú 

So jy hoef nie meer te wonder nie.
Jý is ‘n prinses van die Allerhoogste.
Sy krag is in jóú, Sy liefde is in jóú, Sy Gees is in jóú en Sy plan is volmaak vir jóú.

Al wat jý moet doen is om te glo.

Altyd in my gedagtes, vir ewig in my ♥️