By Gabriel J Marais

Month: October 2019

of nie…

wanneer die maan af kyk
en sy lig op jou gesig skyn
dan mis ek jou en ek wonder of jy ook so voel

seisoene verander
die lewe laat jou groei
drome sal jou laat huil
alles is tydelik
maar liefde, liefde is vir altyd
die liefde sal nooit sterf nie

wanneer jy weet, jy is verlief…

Wanneer die stad se geraas verdwyn 
En ek stil raak in my hart
Dan dink ek aan ons tye saam
Elke minuut wat ons steel om in mekaar se arms te wees
Wanneer ek voel hoe jou siel surrender en ons een word
Wanneer ons net vir daai minuut in mekaar se oë staar
In daai oomblik besef ek dat jy my hart in jou hande het
Dan voel ek weerloos
Dan voel ek klein

as dit stil raak

Wanneer die son sak,
En die sterre skyn

Wanneer die voëls slaap
En die uile verskyn

Dan dink ek aan jou

Dan mis ek die lyne van jou gesig
Jou hand in my hand

Die manier hoe jy in my oor fluister
En ons oë ontmoet

Wanneer jy in my gedagtes rond dans
En my laat smile

Dan mis ek jou

liefde is – deel 2 – uit die boek van liefde…

Die liefde is geduldig en vriendelik, 
die liefde is nie jaloers nie, 
die liefde blaas nie sy eie beuel nie, 
is nie vol van homself nie. 
Dit tree nie onwaardig op nie, 
stel nie sy eie belange voorop nie, 
is nie kort van draad nie, 
hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie. 
Dit treur oor die onreg wat plaasvind, 
en juig as die waarheid seëvier. 
Die liefde bly stil oor ander se foute, 
dit bly steeds vertrou, 
dit hou aan met hoop, 
dit verduur alles. 
Die liefde sal nooit vergaan nie.

liefde is…

Liefde is gil, liefde is skree
Liefde is om ‘n kans te gee
Liefde is hoop, liefde is verstaan
Liefde is ons, wat nooit sal vergaan

Ek mis jou in die oggend
En ek mis jou in die aand

Ek sien jou elke dag
En ek sien jou in die nag
Dan sien ek jou staan en alles word stil…

Tog mis ek jou net meer en meer

verdwyn…

Ek soek jou op die stasie
En ek soek jou op die trein
Ek soek jou in herinnerings
In die meubels van my brein
Maar jy het…
spoorloos verdwyn…

Ek soek jou in die laaste sluk
Van my whisky glas
ek soek jou in die pikswart nag
Maar jy het…
spoorloos verdwyn…

Ek soek jou in die kamer
En ek soek jou in die gang
En ek soek jou in die kiekies wat teen my muur hang
Ek soek jou in die reuk wat agterbly in die lakens
Maar jy het…
spoorloos verdwyn…

Ek soek jou in sprokies van liedfe en pyn
Maar nogsteeds…
Het jy spoorloos verdwyn…