Jy was nog altyd daar
Die klank van jou hakskoene
Kleur die muur in met skakerings van die reënboog

Ons loop verby mekaar en jy steel my gedagtes
Ons loop langs mekaar maar ek weet nie hoe om jou hand te vat nie
Ons loop verby mekaar maar ek weet nie hoe om jou naam te skryf nie

Trane van jou verlede trek charcoal lyne oor jou gesig
Soms lag jy al het jy seer
Almal het ’n stukkie oasis op hulle woestynpad

Ek wil die charcoal lyne oor jou gesig uitvee
Ek wil die seer wegvat
Ek wil jou oasis wees