By Gabriel J Marais

Month: September 2019

jy was nog altyd daar…

Jy was nog altyd daar
Die klank van jou hakskoene
Kleur die muur in met skakerings van die reënboog

Ons loop verby mekaar en jy steel my gedagtes
Ons loop langs mekaar maar ek weet nie hoe om jou hand te vat nie
Ons loop verby mekaar maar ek weet nie hoe om jou naam te skryf nie

Trane van jou verlede trek charcoal lyne oor jou gesig
Soms lag jy al het jy seer
Almal het ’n stukkie oasis op hulle woestynpad

Ek wil die charcoal lyne oor jou gesig uitvee
Ek wil die seer wegvat
Ek wil jou oasis wees

alles het ‘n einde

my ding, kan ek jou vashou
kan ek ruik die bui waarin jy is
ek dryf al so lank op die see
ek sal nie die huis erken nie
want jy is nie daar nie

ek onthou hoe ek jou naam skryf in my gedagtes
waar ek langs die rivier sit
jy het gesê jy hoop niemand sien ons nie
maar jesus het ons gesien
dis waar dit alles begin het
en dit was die einde

ek soek jou naam vanaand
my gedagtes is leeg
miskien as ek die droom jaag
is dit ‘n werklikheid, of net ‘n droom

onder die sterre hoor ek die radio speel
dit klink soos iets wat jy sou sê
as jy ooit terug kom,
soek die boodskap wat ek gelos het
dis onder die sterre

ek het jou naam gesoek vanaand